Ek help klein tot mediumgrootte Suid-Afrikaanse besighede om tyd en hulpbronne te bespaar en meer gedoen te kry

Sodat hulle weer kan fokus op die belangrike werk wat inkomste genereer.

Minder admin. Meer besigheid.

Kliënte wat ek hoeka gehelp het

Projek 1: Outomatiese dokumente en liassering

My oplossing

Ek het die hele proses geoutomatiseer met Microsoft Power Automate, SharePoint en Word-sjablone. Die span vul net een vorm in, waarna die stelsel dokumente genereer, data invul en alles outomaties liasseer.

Uitdaging

'n Eiendomsopmetings- en waardasiemaatskappy het ure per week verloor aan handmatige dokumente, herhalende data-inskrywing en die skep van kliëntelêers.

Die resultaat

✔️ Bespaar ongeveer een volle werksdag se administrasie per week.

✔️ Verslae wat voorheen ure geneem het, word nou binne minute voltooi.

Projek 2: Outomatiese keuring van navrae en besprekings

My oplossing

Ek het die proses geoutomatiseer met Microsoft Power Automate en Microsoft Teams. Die verkoopspan ontvang onmiddellik 'n kennisgewing en kan met een klik die volgende stap goedkeur, waarna die besprekings-e-pos outomaties gestuur word.

Die uitdaging

'n IT-diensverskaffer moes elke nuwe navraag handmatig verwerk voordat 'n besprekingskakel gestuur kon word.

Die resultaat

✔️ Nuwe navrae word onmiddellik verwerk.

✔️ Handmatige administrasie is verminder tot een goedkeuringsklik.

✔️ Potensiële kliënte ontvang binne minute hul besprekingskakel.

Wat my kliënte sê

"Corlia – Dankie vir al jou harde werk. Jy het tot dusver uitstekende werk gelewer en ek is baie in my skik. Dit gaan my geweldig help.

- Medestigter van ’n eiendomsopmetings- en waardasiemaatskappy

"Fantastiese, uitstekende werk.”

- Stigter van ’n IT-diensverskaffer

Voordele van saam my werk

→ Jy bespaar tyd en hulpbronne op administratiewe take.

→ Jou span kry meer gedoen, met minder menslike foute.

→ Jy hoef nie self deur die tegniese ingewikkeldheid van die oplossing te werk nie.

→ Jy werk saam met iemand wat van die begin af prakties begin bou.

Pakkette & Pryse

Pryse vir ’n besigheidsproses-outomatiseringsprojek begin by R3 500.

Elke projek is anders. Die finale prys hang af van jou behoeftes, die programme en stelsels wat jy gebruik, en hoe ingewikkeld die projek is.

Jy ontvang ná ons verkennende gesprek ’n vaste finale kwotasie.

Hoe dit werk

Jy wys vir my watter handmatige proses die meeste tyd mors, en ek stel 'n praktiese oplossing voor.

Ek werk met die stelsels wat jy reeds gebruik en voeg slegs nuwe gereedskap by indien dit werklik nodig is.

Jy ontvang 'n getoetste oplossing, 'n eenvoudige gebruikersgids en ondersteuning tydens implementering. Geen tegniese kennis is nodig om dit te gebruik nie.

Klink dit bekend?

Baie besigheidseienaars verloor elke week ure aan herhalende administrasie en handmatige take wat noodsaaklik is, maar nie inkomste genereer nie.

Nadat ek die afgelope twee jaar saam met meer as nege stigters gewerk het, het ek dieselfde uitdaging oor en oor raakgesien. Daarom help ek besighede om hierdie prosesse met outomatisering te vereenvoudig.

Oor my

Ek het nog altyd ’n besondere vermoë gehad om iets ingewikkeld te vat en dit eenvoudig en georganiseerd te maak.

Ek onthou hoe ek in graad 3 ná skool by die huis gekom het en ’n enorme stuk papier wou vat om alles wat in my kop aangaan daarop neer te skryf, sodat ek dit weer kon organiseer.

Daardie gevoel het my nooit heeltemal verlaat nie.

Hoe meer ingewikkeld jou probleem is, hoe meer opgewonde raak ek om daaraan te werk.

Kom ons kyk waar jy tyd kan bespaar

Vertel my aan watter handmatige werk jy tans die meeste tyd bestee, en ek stuur vir jou een of twee moontlike oplossings.

Telefoon

+27 60 953 4812

E-pos

corlia@hoekadigitaal.co.za

© 2026 Hoeka. Alle regte voorbehou.